Stefan + Lindi : Deel 1 (Blue Mountain Lodge) │ Sabie, Mpumalanga

undefinedToe ek verlede jaar Stefan en Lindi vir die eerste keer ontmoet het was ek so vreeslik opgewonde! Van wat hulle my vertel het, het ek gewéét hierdie troue gaan awesome wees! Stefan is ‘n baie groot fan van Anton Goosen en ek was heel in my noppies toe ek hoor hy kom troue toe!

Vrydagmiddag is ek en Simoné Marinus (wie se troue ek in September afneem!) af Sabie se kant toe. Dit was so warm toe ons daar aankom  dat ek gedink het ek gaan dood neerslaan. PS: Moenie ‘n denim in Sabie dra nie. Nie in die somer nie.. maar gelukkig is Stefan ‘n dokter, so ek het gereken ek is darem veilig as ek sou flouval van ‘heatstroke’..hehe

Blue Mountain Lodge is vreeslik mooi! Dis ‘n vyfster lodge so tussen die berge en daar was soveel plekkies om van te kies vir foto’s! Dit het wel so klein bietjie gereën die oggend, maar pragtig opgeklaar net voor die seremonie. Die troue en al die detail was so mooi dat ek dit moes opdeel in twee dele! Yay! Meer foto’s :) So deel 2 sal binnekort op wees met foto’s van die decor en onthaal en daardie spesiale couple foto’s!

Stefan en Lindi: julle het ons twee vreeslik baie laat tuis voel! Baie baie dankie! En dit was ‘n groot voorreg om julle spesiale dag vir julle vas te vang ♥ Lindi, ek het dalk so klein bietjie te veel foto’s van jou opgesit, maar jy het so mooi gelyk dat ek dink julle my sal verskoon..

Geniet die foto’s   xoxo

(awesome) 2nd Shooter: Simoné Marinus
undefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedundefinedEn dís hoe mens jou nuwe vrou soen!undefinedundefinedundefinedTo be continued….

  • April 11, 2011 - 6:11 am

    Heather Steyn - So pragtig!! Awesome werk :)ReplyCancel

  • April 11, 2011 - 8:12 am

    Riney Groenewald - Dis nou hoe foto’s moet lyk!! Lindi julle het stunning gelyk hoor.ReplyCancel

  • April 11, 2011 - 8:41 am

    Daleen Steyn - Wow…….dis pragtig!!!!Dankie Yolande!!ReplyCancel

  • April 11, 2011 - 9:32 pm

    Nicolette Joubert - Fantasties soos altyd!Love jou werk!NReplyCancel

Your email is never published or shared. Required fields are marked *

*

*